Net om te begin mee moet ek se…Leef Tydskrif is vir my die mooiste tydskrif in ons land! Al tydskrif wat ek koop is die Leef…en ek sien elke maand daarna uit om deur hul pragtige tydskrif deur te blaai en geinspireer te word.
So….natuurlik was ek oor die maan toe Beatrice van Essay Gifts my laat weet dat sy vir ons kan help om in die tydskrif te adverteer.
Daar is so paar foutjies op…soos hul se winkeltjie is nog oop…en my van is Van Dyk..en nie van Wyk nie..maar wat maak dit saak! Die Gift Wrap foto sit pragtig daar tussen al die ander kunswerke en kuier plekke op die Kuier Kuier bladsy!
So ons bid en hoop ons kry hierdeur blootstelling en paar mense en winkels wat belangstel in ons produk!
Gaan koop gerus die Augustus 2011 Leef en word ook geinspireer!


















