Op die hoek van Du Plessis & Turner Str, in Bethlehem is ‘n oulike nuwe winkeltjie – “Huisvrou” wat geopen is deur Annette Marx.
Sy verkoop ons workshop produkte…en baie ander oulike goedjies.
Hier is wat se te se het oor hart droom winkeljtie:
My winkel droom het al baie lank gelede begin – my liefdestaal is geskenke – om dit te gee en te ontvang
maar ek hou niks van ‘n geskenk wat in ‘n “Kettangwinkel” gekoop is nie, dit is te onpersoonlik – so het ek begin om bv voorskote vir my vriendinne wat verloof is te maak – met hulle 2 se fototjie op die sak en haar nuwe van op geborduur en mooi versier met felt blomme en harte ens. Toe word die voorskote kussings ook en toe kry ek bestellings en die res is geskiedenis ![]()
Ek het ‘n plekkie gesoek om my kreatiwiteit uit te leef – ek is eintlik ‘n Biokinetikus
ek praktiseer nogsteeds, maar dis so effense demper op my persoonlikheid. Lang storie kort….ek het uiteindelik my droom begin – ‘n ekskusiewe winkel wat besonderse dekor en geskenke verkoop. Ek gaan glad nie groothandelskou toe nie – al my produkte is handgemaak en uniek – ek koop ook van die groot goed, net 2 van ‘n soort aan – sodat dit eksklusief en besonders bly – anders het die hele dorp dieselfde ding.
Ek verkoop ook net plaaslike produkte.
Ek skryf ook op al my goed dat Huisvrou, God se winkel is – Hy’t my geseen met my talente en met die winkel en ek wil graag he dat elke persoon wat Huisvrou besoek ‘n stukkie van Sy liefde en genade sal ervaar.
Volg gerus hul Facebook groep:




















