Die wat ware liefde vind…vind so groot geskenk van God…en Arno en Michelle het sommer op die eerste aand van ontmoeting verlief geraak op mekaar.
Hierdie was nou ‘n regte egte plaas troue. Die stoor was skoongemaak en opgedollie…en wow..dit het ongelooflik mooi gelyk! Die keuse van dekor en blomme en beligting het die stoor omskep in ‘n romantiese atmosfeer vir die aand.
Met hul fotosessie het ons bietjie gaan 4×4 op die plaas om die beste ‘spots’ te kry…en soos julle sal kan sien was die plekkies wat gekry was asemrowend. Perfekte dag met ‘n perfekte sonsondergang. Arno en Michelle was heel in hul eie wereldjie later! :)
My gebed vir hulle is dat hulle vir ewig sal bly dans, lag en die avontuur saam geniet van plaas lewe en al die geskenke wat God oor hulle pad bring.
Bly een:)

Datum: 29 Novemer 2014
Fotograaf: Joe Dreyer
Venue; Privaat
Dekor: Le Chic Venue en Decor
Kerk: NG Swellendam
Music: Two- Licenced through Music bed