(Please note: This was one of my first videos, i no longer use the same equipment)

Riaan en Rinaldi het hul troue gehou by my ouers se Restaurant Bosduifklip by Lambertsbaai.

Ek was bevoorreg genoeg om daar te wees en ‘n pragtige video te maak van die dag.

Bosduifklip is ‘n Buitelig Restaurant wat troues en funkies doen en het ook onderdak fasiliteite.

My ouers het die restaurant begin al meer as 20 jaar terug…en ek was nog baie klein…ons het groot geword met hard werk saam….maar ook baie lekker saam mense kuier en dans in die aande onder die sterre!

My ouers mag maar kook…en die buffet spyskaart is eg plaas/sandveld/weskus. Hier eet jy tot jy le…en so lekker soos nerens!

Besoek die website vir volledige inligting…of volg my ouers op hul blog of Facebook.

Datum:8 Oktober 2011
Venue: Bosduifklip, Lambertsbaai

www.bosduifklip.co.za