9 Februarie 2013 het ons wakker geword in Swelledam met die val van reën…wat ons gedog het nooit sou ophou…maar die Here het sy son laat skyn! Charles en Renske is goeie vriende van ons…en saam met vriende, familie en ons hele kerk het ons fees gevier. Hul seremonie was so spesiaal met Charles se pa wat boodskap gegee het…en Renske se pa wat trou beloftes behartig het. Saam het hul ouer pare hul ingeseën en ons almal hul opgedra in gebed.

Wat die dag ook spesiaal gemaak het was dat ek en my sussie wat fotografie doen vir eerste keer saamgewerk het! Wat ‘n fees! Ons het hul fotosessie so geniet!

Die aand het almal heerlik gedans op die buite dansvloer…en die Here het die reën net mooi weggegooi tot die partytjie oor was!

Geniet die video…wens ek kon hul hele trou op internet sit!

Datum: 9 Februarie 2013

Venue: Rolandale, Swellendam

Fotografie: Coba Photography www.cobaphotography.co.za

Musiek: Sundresses (www.pond5.com)