Wat vir my uitgestaan het van hul dag:

Montagu op sy eie…wat ‘n pragtige dorpie.

Die ongelooflike mooi huis waar Elaine aangetrek het. Clive Biden house.  Ek het lanklaas so mooi spasie gesien. Sy kuns en handgemaakte hout meubels is regtig indrukwekkend. Omdat alles ook so wit is…het dit die mooiste lig vir video en fotos neem. http://www.clivebiden.co.za/

Hoe pragtig Elaine in haar rok gelyk het.

Hul oulike  ring aandraertjie Lohan wat toe hy vir Elaine sien in trou rok uitroep…”Elaine, Elaine” en vir haar se…”mooi Elaine”… Ahh

Dirk wat met Elaine se instap in kerk oe vol trane gehad het.

Hul onthaal venue:  http://www.cabrieres.co.za/weddings/   Dit perfek vir troues…en Jane wat die hele plek opgebou en restoreer het is een baie talentvolle vrou.

Die ‘photo-booth’…..dit was nou ‘n hoogtepunt…al die gaste het dit sooo geniet! http://www.pictureparlour.co.za/

Die snaakse en oulike uitgewerkte toespraak op Dirk en Elaine gedoen deur Albert en Carnique (wie se troudag ons ook afgeneem het)  Die storie van stadsmuis en plaasmuis. Hulle het vir Dirk en Elaine laat lag…en huil.

Die leeuloop….wel…wat kan ek se…dit nou ons tweede troue in die vriendekring…en die ouens het ‘n geskiedenis met die song….dit is iets om te beleef.

Trou datum: 19 Oktober 2013

Trou venue: Cabriers Montagu  http://www.cabrieres.co.za/weddings/

Fotograaf: Steven Booth http://www.stevenbooth.co.za/

Musiek: Lift preformed by Zerbin. Courtesy of Kingdom Sound. Songfreedom.com