This video is password protected for Divan & Karli

Wat ek ‘gelove’ het van hulle dag:

*Hul seremonie – Hulle het die gewone beloftes gemaak & ring beloftes & die ds het ‘n pragtige voorlesing gedoen van ‘die hande wat jy vashou’, terwyl hulle mekaar se hande moes ondersteun.

*Hul fotosessie – Divan & Karli kon nie ophou staar na mekaar nie – en ons het ‘n pragtige volmaan sunset gehad!  & dit is altyd ‘n plesier om saam met Riekert Cloete te werk!

*Toesprake – 1ste keer dat ek sien die ouers toesprake maak op die bruid en bruidegom…dit was sooo mooi. Soveel snaakse stories en ook baie emosioneel. Dit was baie spesiaal! Divan se toespraak was ook een van die mooiste toesprake ek al ooit gehoor het op ‘n bruid.

*Onthaal – Hulle instap in die onthaal met al die ‘sparkles’ was sooo pragtig! Hulle moes twee keer die saal op en af stap terwyl almal hulle aan ‘cheer’  – ware fees!

*Hul eerste dans – ‘All of me (feat. Madilyn Bailey)’ was die perfekte lied! Hulle was in hulle eie wereldjie en dit was asof tyd stil gaan staan het.

Datum: 15 Maart 2014

Venue: Groenrivier, Riebeeck wes

Fotograaf: Riekert Cloete Photography