Prentjie mooi verby!
Dis presies wat Gerhard & Elsje se dag was..die mooiste wintersdag!
Elsje was met haar regmaak omring deur haar ma en haar twee sussies wat elke twee sekondes vir haar gese het hoe mooi sy lyk! Almal was in ‘awe’ en haar rok was sooo mooi met die lae kant rug en die moue!
– Van my gunsteling oomblike van die dag was:
– Die car rit seremonie toe…sy en haar sussies het so spesiale vriendskap en dit was so emosioneel en opwindend alles op een slag!
– Gerhard wat tranerig geraak het met die sien van sy pragtige bruid Elsje…en die briefie waarop gestaan het…kannie wag om jou te soen nie.
– Elsje en die fotograaf Suzanne ken mekaar baie goed en dit het die hele fotosessie soveel fun gemaak. Ons was almal baie beindruk met Elsje wat ‘n hoe klip uitgeklim het met haar hoe hakke om fotos te neem!
– Die onthaal se hoogtepunte was def: Gerhard se toespraak met die vriend wat alles wat hy gese het uitgebeeld het en die dans tussen die twee ouens wat die blomme en die garter gevang het!
Gerhard & Elsje se dag was een groot viering van hul liefde en baie lekker kuier saam geliefde familie en vriende.
En soos die ds gese het…mag die misterie en die wonder van die dag altyd by julle bly!

Date: 21 June 2014
Venue: Rhebokskloof, Paarl
Photographer – Suzanne Swart
Hair and Make-up – Caren Make up and hair
Wedding dress: Alana van Heerden
Decor and flower – To-netts
Wedding cake – Choc ‘n Cherry
Music – Bottomless Coffee, Gecko entertainment
Cocktail Bar – Blend event life
Wedding car – Classic car hire
Music used in video: Folk Rock Anthem_Seastock, Audio Jungle