Wat ‘n fees! Dit was so heerlik om deel te kon wees van hulle dag. Ons het die voorreg gehad om net 2 maande voor die tyd een van hulle vriende se troues ook te kon afneem…so het by die troue sommer al klaar van die mense geken wat heerlik was!

Wat vir my so mooi was van hulle dag:
Die pragtige venue Beloftebos! Ek dink nie hulle kon ‘n beter plek gekies het om te trou nie! Hul dekor en keuse van blomme het die plek so mooi gekomplimenteer. Al die rooi en oranje het so mooi uitgestaan…en was mal oor die botteltjies en blare wat goud gespuit was.
Deani se bloed rooi lippies en haar hartroerende boodskappie sy vir Hano gespeel het voor sy die bospaadjie afgestap het. Dit het Hano heel onkant gevang en hy moes net trane wegknip.
Hul fotosessie in die veld met die pragtige berge in die agtergrond was so mooi! Ek het Deani se pelsjas ook ‘gelove’! Tasha did a great job in capturing the two of them and wow the photos are amazing!
Die onthaal het ‘n heerlike feestelike atmosfeer gehad met vure wat orals brand, lekkerste kos en baie goeie toesprake en grappies! Hano se toespraak was seker een van die beste bruidegom toesprake ek al gehoor he …en hy het almal aan die lag gehad toe hy vertel hoe hy en Deani ontmoet het!
Dit was ‘n aand vol lekker lag, mal dans ‘moves’ en ‘n groot viering van die twee se liefde!

Wedding date: 1 May 2014

Wedding venue: Beloftebos, Stanford

Photographer: Tasha Secombe 

Flowers and Decor: Saffron Function
Bridal Make-up: Corli Naude Make-up Design
Bridesmaids Hair: Bianca Love Hair Boutique
Bridesmaid’s Make-up: Peace and Quiet – Bernice Drake
DJ: Baha Entertainment

Music in video: Audio Jungle: Epic Emotional Journey Acoustic Version, JaimesMix-Lovely Pads