Die oggend van 8 Desember 2012 het die mis dik gelê oor die Weskus-dorp, Lambertsbaai. Sowat ‘n uur voor die troue het die lug egter oopgetrek en was dit die perfekte dag!
Die dag was alles waaroor hulle gedroom het – ‘n ware liefdesfees! Na amper 6 jaar van uitgaan, het hulle die knoop deurgehaak. Hermias en Soné het mekaar in Matieland ontmoet toe hul 2 koshuise saam ge-JOOL het en 6 jaar later is hulle steeds sielsgenote! Hulle het aan die einde van 2011 op ‘n gholfbaan (‘n passie wat hul albei deel) in Lambertsbaai verloof geraak en ‘n jaar later het hulle in hierdie pragtige dorpie kom trou!
Hermias en Soné is albei positiewe mense met ‘n liefde vir die lewe – hul troue was ook ‘n weerspieëling hiervan. Ek hoop die video laat jul altyd die herinneringe van jul groot dag koester!
Datum: 8 Desember 2012
Venue: Grootvlei Gasteplaas, Lambertsbaai
Fotograaf: Lood Hanekom
Musiek: Royalty free – Pond5 – James Driscoll, Hope rekindled
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.