In die hartjie van die winter…het J.P en Karin hul harte verenig voor God en hul geliefdes.

Karin moes die kerk instap met behulp van sambrele want dit het gestort reën!

Hul kerk diens was baie spesiaal. Haar broer het die boodskap gebring…en haar pa het hulle gelei in hulle beloftes aan mekaar! J.P en Karin het ook nagmaal saam gehou…en ‘n lied gespeel van Bethel Music wat hul albei na aan die hart is…dit was so heilige oomblik.

Met die Here se genade het die reën opgehou toe hul die kerk moes uitstap en fotos neem! Alhoewel dit steeds bibber en bewe was…

Hul onthaal was by die Towerbosch restaurant..waar alles warm en gesellig was met kaggel vuurtjies wat gebrand het. Die kos was smaaklik verby en almal het so heerlik saam gekuier en gesels!

Toe dit by die toesprake kom…het ek seker lanklaas so baie gelag en wou huil op selfde tyd…Karin het almal aan die lag gehad deur stories van al die ou dae en die lang paadjie sy moes stap. J.P het vir Karin ‘n lied gelees hy vir haar geskryf het.

En soos Karin gese het…die dag as sy trou…gaan almal sing…Kom dank nou almal God…want Karin trou…en dit was waarlik ‘n gevoel onder almal se harte. Dankbaarheid teenoor die Here vir genade, liefde en ‘n beste maat vir ewig.

Trou datum: 1 Junie 2013

Trou venue: Towerbosch Restaurant

Fotograaf: Natural light photography