Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. Prediker 4:9-10
Die vreugde oor die wonderlike seen van ‘n huweliks maat kry en beloftes met mekaar deel bly een van die mooiste oomblikke.
Jaco en Anina se vreugde het oorgeloop die hele dag was een groot viering.
Met baie geliefde famlie en vriende rondom hulle was daar baie lag en lekker dans.
Wat vir my spesiaal mooi was van hulle dag:
Familie liefde tussen hulle en hul gesinne.
Anina se ‘walk up the isle’.
Die lekker musiek en atmosfeer by die ‘pre-drinks’.
Hulle toesprake…veral Anina se suster op hul ouers en Jaco se best man op hom.
Al die lekker dans…die ouer mense het nie terug gestaan by die partytjie nie…hulle het ‘getwist’ en ‘gejive’ tot laat aand!
Maar….die mooiste bly die liefde tussen die twee!
Mag julle beloftes diep in jul harte gegraveer wees en julle die huweliks pad met net soveel vreugde aanpak soos julle spesiale troudag.
Datum: 15 Desember 2014
Venue: Ashanti Estate, Paarl
Fotograaf: Estie Thirion
Musiek: Once in a while – Audio Jungle