Wat vir my pragtig was van hulle dag:
Nadine….wat ‘n beeldskone bruid. Haar ma besit ‘n trourok besigheid en ek dink nie sy kon ‘n mooier rok gekies het nie! Miss World mooi!
Dit was my eerste keer om by Brenaissance af te neem..wat ‘n mooi kerkie. Dit was ook lieflik dat al die famlie daar kon regmaak en oorslaap.
Hulle seremonie boodskap was so mooi gedoen deur hul ds. Weet die boodskap iets hulle vir altyd sal koester.
‘Pre-drinks’ saam gaste. Janik en Nadine het ‘n lekker tydjie afgevat om saam met hul gaste te kuier na die tyd. Dit het die hele dag sommer langer laat voel.
Die spesiale oomblikke tussen Janik en Nadine tydens hul fotosessie. So pragtig!
Toesprake: Ek love goeie toesprake…en hulle het regtig mooi toesprake gehad. Nadine se pa het ook die openings toespraak gedoen en Nadine het briewe geskryf wat voorgelees was om dankies namens haar te doen…altyd slim plan vir bruide wat voel hul sal te veel huil as self moet praat. Met Janik se toespraak het ons net gelag! Hy was een van die min bruidegomme wat al die manne se geterg en onderbrekings goed hanteer het!
Janik en Nadine het met hul eerste dans ook die dansbaan net vir hulself gehad…wat ek love! Daarna het Nadine gedans met haar pa…pa en dogter dans is ‘n moet!
Partytjie tyd het ons so gelag vir hulle vriende. Dit was ‘n heerlike atmosfeer en almal het die aand so geniet!
Nadine se troue in die Kaap was pragtig, perfek en ek dink alles wat hulle gedroom.

Datum: 20 Maart 2014

Venue: Brenaissance, Stellenbosch 

Photographer: Wesley Voster

Musiek: The Last Dance, Audio Jungle & Daylight, Boyce Avenue