JUST IN SHORT

(Private)

‘n Troue tussen familie en geliefde vriende is ‘n moet…en daarom het Janse en Jolandi besluit terug in Suid Afrika hul trou beloftes te kom maak.

Wat vir my spesiaal was van die dag:

Al die bruidsmeisies wat sooo opgewonde was vir Jolandi se part en die oulike hempies en klere hangers – alles spesiaal vir die dag.

Janse se geskenkie aflewering aan Jolandi (armbandjie met mannetjie en vroutjie wat trou)

Die pragtige kerk in napier (wonder hoeveel mense al daar trou beloof)

Die ds wat vergeet het te se hulle mag maar soen (aiai)

Die aand se toesprake: Jolandi wat die mooiste dankie se aan haar ouers gelees het…en gehuil het…en almal saam gehuil het.

Janse wat met hul eerste dans op Tien van Harte vir Jolandi ‘n rooi roos gegee het.

Die spesiale dansies saam met ouma.

Ek weet dit was ‘n dag wat Janse en Jolandi vir ewig sal koester…en ek weet die video sal vir altyd hul terug neem na die spesiale dag.

Mag Australie nooit  te ver voel nie….want…home is where the heart is.

Datum: 14 September 2013

Fotograaf: Yolandi Van Heerden  http://meshaphotography.yolasite.com/

Venue: Globbelaar saal, Napier

Dekor: Carin Groenewald.  Flowers, Decor and Hiring

Musiek: Jon Bryan, Evening Sun     Visit http://jonbryant.bandcamp.com