Dit was so spesiaal om Lodie en Christel se troudag te kon afneem. Die twee het al ontmoet toe hulle op Hoerskool was…aan die draf…by ‘n landloop oefen sessies.

So het hulle deur al die jare mekaar se enigste liefde gebly.

Christel se trourok was so mooi…ek gewens ek kon dit ook aantrek!

Die diens onder die bome was vir my die mooiste…ek so lief vir buite troues! Die dominne het die mooiste boodskap vir hulle gegee…wat perfek gepas het by hulle en die wedloop hulle nou verder saam moet hardloop.

Lodie en Christel is ook groot koffie liefhebbers…en het ‘n koffie hoekie gehad waar almal kon koffie drink totdat hulle rondhop.

Wat die dag nog lekkerder gemaak het vir my is dat ek die voorreg gehad het om weer saam met my suster te kon werk…Coba Photography. ;) Altyd ‘n plesier!

Date: 27 September 2014

Photographer: Coba Photography

Hair & Make-up: Ida Webster

Decor: Special Events

Venue: Lanzerac

Music: Always Been You, Marie Hines. Licensed through Music bed