Neels en Jonandi is nog ‘n ‘awesome’ couple in ons kerk familie!

Hulle was gelukkig met pragtige weer en net bietjies wolkies.

Jonandi se rok was regtig iets spesiaal en vir ‘n slag iets anders! J Sy het beeldskoon gelyk en ons kon almal sien hoe Neels heel aand in vervoering is oor sy pragtige bruid.

Hul seremonie was asemrowend mooi op die groot grasvelde van Rolandale  met die pragtige Swellendam berge in die agtergrond.

Die Overberge is ‘magical’ en so is elke troue…’n oomblik waar ek weet duisende engele saamkom en saam feesvier…omdat twee harte saamgebring deur God…trou beloof aan mekaar!

Ek hoop julle geniet die video!

Datum: 23 Maart 2013

Venue: Rolandale, Swellendam

Wedding Décor and flowers: Le Chic wedding and Party hire

Photographer: Fresh Focus Photography

Song used: different-love, Pond 5, Royalty free