Wat ek gelove het van hulle dag:
•Hoe mooi hulle die skousaal opgemaak het! Die blomme was pragtig en die dekor stylvol.
•Die ongelooflike nagereg tafel!
•Die huis waar Taletha  aangetrek het: Die kunshuis in Villiersdorp. Die blou hout hortjies het dit so ‘n idiliese atmosfeer gegee….en natuurlik die stunning kombuis waarby Taletha haar rok se finale vasmaak laat doen het.
•Die viool spel waarmee Taletha verras was.
•Taletha se wow wow wow mooi rok! Ek lanklaas ‘n bruid so mooi gesien lyk in haar rok!
• Die kerk diens was gelei deur ds PC van rooyen, die oom is al seker in die 80 maar hy preek! Kan sy liefde vir mense en huwelik sien… hy perongeluk vergeet te se die tweetjies mag maar soen…toe soen hulle sommer op eie 
•Die fotosessie met die mooiste berge en valeie in agtergrond. Dit het so bietjies gereen maar dit gelukkig vining gestop.
•Die seremonie meester – Dit my tweede troue in die familie en die oom kan jy sien het al vele troues se seremonie meester gewees…hy vertel grappe en laat almal lag en op hul gemak voel.
•Die kos – dit was heerlik! ‘n absolute feesmaal! Taletha se ma het self gehelp maak aan van die kosse en nageregte ook. Die tannies mag maar kos maak.
•Die aand was ‘n heerlike kuier tussen familie en vriende wat mekaar goed ken…ek altyd spyt as 11 uur so vining kom en ons moet die partytjie verlaat.
•Dankie Pietie en Taletha dat ons julle spesiale dag kon ‘record’ mag julle vir altyd die video geniet.

Datum: 7 Des 2013

Plek: Villiersdorp Skousaal

Fotograaf: Mare Rootman Photography

Gastehuis: Kunshuis, Villiersdorp

Kerk: NG Kerk Villiersdorp

Rok: Frances Hauman

Stationary: Mercia M Designs

Blomme: Cara Corbett Flowers

Hare en Grimering: Anne Mart

DJ: Paarl Deejays

Band: Akoesti Band

Musiek: audiojungle-5363234-stardust-pack 1-Floating in the sky, 2- Stardust, 3-Going Home