René en Esti kom al ‘n lang pad saam…en na baie jare van uitgaan….het die twee trou beloof aan mekaar!

Dit was ‘n ware sprokies troue en Esti het soos ‘n ware prinses gelyk! Die troue was intiem met baie liefde tussen die familie en vriende wat saam die dag gevier het!

Wat vir my uitgestaan het van hul dag is hoe pragtig hul twee saam is…hul ogies skitter steeds vir mekaar na al die jare….en jy kan sien hul ken mekaar en dat hul waarlik mekaar diep lief het!

Mag jul altyd so mooi skitter saam…en die Here as jul fondasie hou! Want jul brand soos ‘n lig vir die wereld om te sien hoe mooi God die liefde kan maak!

Datum: 1 Desember 2012

Venue: Nantes Estate buite Paarl

Fotograaf: Veronique Mills

Musiek: Copyright use, Good Change, Mojo Music.