Die mooiste winters dag in die middel van die winter!

Richter en Venette en hul funky volksie het een baie spesiale dag gehad saam met amper al hul familie en vriende. Die Stellenbosch stadsaal was gekies as die onthaal saal en dit was getooi met liggies wat geskitter het in die aand!

Hulle twee het mekaar verras met geskenkies en kon sien hoe die realiteit van die dag al meer begin insink hoe meer die tyd aangeloop het.

Venette se rok was sprokie mooi en hul hele dag was net so geseend!

Fotohoekie vermaak het die gaste besig gehou terwyl hul weg was en toe die onthaal eers begin het die dans en kuier nie opgehou! Die mense ken van dans! Niggies en nefies en kinders en ooms en tannies…almal op die dansvloer!

Twee hartsmense wat omring is met soveel liefdevolle familie en vriende!  Mag julle troudag altyd uitstaan as een van die mooiste dae in jul lewe!

Date:7 June 2014
Church: Stellenbosch Moedergemeente
Wedding Reception: Stellenbosch Stadsaal

Photographer: Inecke Photography www.ineckephotography.wordpress.com
Music:Sunlit Roads-Phil Larson (Audio Jungle)