Tussen treine en tussen stasies het die twee se liefde begin! Na saam swot…maar soos Stefan se…Marette het hom nie eintlik raak gesien nie…was dit op die treine saam oppad Kaapstad toe wat hul liefde begin het. Meant to be!

Hier op Swellendam was dit die perfekte dag…Marette was so ‘chill’ en Stefan net opgewonde vir die wete dat hy en Marette gaan trou!
Hulle het in die grote en mooie NG kerk hier op Swellendam trou beloof…en het die vrolikste konfetti/belonne viering gehad na trou bevestiging!

Hul fotosessie was iets om te beleef…die twee ‘entertain’ mekaar…ons kon maar net afneem…en soms saam lag ;)Die pragtige berge en landskap naby hul onthaal was asemrowend en nie te praat van die mooi sonsondergang nie!

Die onthaal was gehou by Bruintjiesriver…’n nuwe trou perseel buite Swellendam. Dit ‘n entjie uit op ‘n grondpad…maar wow so die moeite werd!
Almal het die aand so geniet…en gedans!!!!

Dankie ons julle dag kon afneem….en deel in al die vreugdes van die dag!

Datum: 4 Oktober 2014
Fotograaf: PC Benade
Kerk: NG Kerk Swellendam
Onthaal: Bruintjiesrivier, Swellendam
Hare en grimering: Megan Sands
Dekor en Blomme: Le Chic
Wedding cake: Rosah Matthee
Dj: Schalk van Zyl
Song used: Eyes wide open – Tony Anderson (licensed through music bed)