29 Desember 2012 was die huweliksfees van Tiaan en Anneri de Waal in die pragtige Vredendal vallei. Tussen die wingerde in ‘n pragtige kerkie het hul trou beloof aan mekaar.
Die twee se ontmoeting was geen ongeluk. Na Anneri haar hart gevolg het en getrek het na die vallei het die Here nie lank gewag voor Hy die twee aan mekaar voorgestel het nie.
Hulle ogies skitter net vir mekaar en mens kan sien hul raak heel verlore as na mekaar kyk. Hul fotosessie was ‘magical’ om die minste te se!
Mag die Here julle oorvloedig seën en julle altyd geniet om die video te kyk en jul dag te herleef!

Datum: 29 Desember 2012
Venue: Rooms with a view, Vredendal
Fotograaf: Love of light photography
Musiek: Royality free – www.pond5.com (Miracle row)