Mooiste liefdes verhaal!
Wat ek gelove het van hul dag: Behalwe dat dit die warmste dag ooit was….
- Hulle storie…hoe hul van st 1 af saam in die klas was, Waldo op plaas langs haar groot geword het…en hul saam gespeel het en beste maatjies was van toe af….mens moet ‘n fliek maak van hul liefdes storie.
- Hulle het Waldo se plaas stoor leeg gedra om dit te omskep in die onthaal saal…en dit sooo mooi gemaak het! Ek was mal oor die foto muur vol geraamde fotos van hul albei se famlie bome….en die pragtige ingang – twee GROOT fotos van Waldo en Alicia…dit so oulike idee!
- Alicia het aangetrek by ‘n pragtige gasteplaas net buite Swellendam (Buffeljagsrivier) De Wagenhuis http://www.dewagenhuis.com/
- Die trou carretjie wat Waldo geerf het by sy oupa…die ou tjorrie het Waldo en Alicia matriek afskeid toe ook gery.
- Gelove hoe Waldo Alicia by die kerk uitgedra het in sy arms met die konfetti! Soveel vreugde!
- Ons so gelag met hul vriende foto sessie…en met Waldo en Alicia se fotos was dit vir my die mooiste hoe hulle na die al die jare nog steeds na mekaar kyk met soveel liefde en ‘n sparkle in hul ogies.
- Met die toesprake het Alicia se sussie die mooiste heildronk ingestel op hul ouers…en Waldo se vriende het ons almal vermaak en aan die lag gehad met sy toespraak.
- Die aand se partytjie het begin na die warm son gesak het…en almal het omtrent gedans….Waldo en Alicia was seker een van die paartjies wat die meeste gedans het saam hul gaste! …en ek dit gelove!
- Dit was ‘n ware plattelandse plaas feesviering partytjie!
- Datum: 15 Feb 2014Kerk: Buffeljagsrivier NG kerk
Onthaal: Privaat plaas, Swellendam
Fotograaf: Coba Photography www.cobaphotography.co.za ( my awesome sister)
DJ: Schalk van Zyl
Make-up Artist: Lorraine Smit
Hair Stylist: Michelle Meintjies
Dress Designer: The Mark of B
Flower Company: Flora Jubilee
Decor: La Flor
Musiek: The Sweet Life master (Audiojungle)
[…] in love as if they met only yesterday. I was so insprired by their story – read more about it here Summer weather didn’t hold back on their wedding day, it was one of the hottest days I have […]