Op die pragtige plattelandse dorpie, Villiersdorp het Willem en Janet getrou.

Hierdie was nou ‘n ware famlie en vriende samekoms met meer as 200 gaste! Almal het ‘n handjie bygesit om die dag een ongelooflike fees te maak!

Janet was absoluut beeldskoon…maar ongelooflik ‘funky’….sy en Willem het albei ‘sneaker’ tekkies aangehad…en soos sy selfs gese het…was sy meer opgewonde om haar skoene aan te trek as haar rok!

Hul couple fotos op die wal van die Villiersdorp dam was enige fotograaf se droom ook…al het die wind gewaai en later koud gewaai…het dit eintlik die ‘footage’ pragtig gemaak!

Willem en Janet is waarlik geseen met ‘n liefde wat al jare lank groei…en baie gehegte familie en vriende.

Bid julle al die liefde toe wat twee mense saam kan ervaar!

Datum: 4 Mei 2013

Venue: Villiersdorp Skousaal

Songs: Josh Woodward (a thousand skins prt 2, NQC-NoVox-04-Untitled) http://www.joshwoodward.com/

Fotograaf – Carel Stander van Standerphotography

Grimering – Chantelle Niemandt

Troukar – Eniel Viljoen